Smoothie Resepte Featured

Top 10 Smoothies Vir Somer Dae – Gratis Resepte In Afrikaans

 

Smoothie resepte of skemer kelkies resepte wat jou sal laat smag na meer en meer. Drankies sonder alkohol is uitstekend vir kinders net soos vrugte skommels.


Somer dae word al hoe warmer en ons wil graag “smoothies” drink wat gesond is en ook lekker is wat lekker koel sal afgaan. Vrugte drankies resepte is altyd lekker in die somer en dit word ook genoem gesonde of gesondheids drankies.

Dit bestaan gewoontlik uit vrugte met ‘n paar ander bestanddele om dit ekstra lekkerder te maak dan kan die drankies vir kinders ook gebruik word. En so maak jy seker jou kinders kry hul daaglikse vrugte benodige inname in hul lyfies sonder ‘n gesukkel. Hierdie smoothie resepte is absoluut heerlik en moet beslis probeer word!

Hier is 10 van die heel beste smoothie resepte wat ek al tee gekom het:

1.Appel en Appelkoos Smoothie:

Appel en Appelkoos Smoothie Resepte image
Appel en Appelkoos Smoothie

Bestanddele:

  • 1 Lekker groot rooi appel (geskil en gekap. Gooi stronk weg.)
  • 1 k Appel sap
  • 4 Appelkose (Jy kan dit net so gebruik of jy kan die skil afskil)
  • 1 Piesang (Skil Afgepeel)
  • 3/4 k plein of vanilla jogurt (Non-fat opsioneel)
  • 10 – 12 Ys Blokkies
  • 1 Eetl. Heuning

Metode:

  1. Sit al die bestanddele in die blender en puree tot glad en sonder stukke.

2.Piesang en Appelkoos Drankie

Piesang en Appelkoos Drankie image
Piesang en Appelkoos Drankie

Bestanddele:

  • 1 k Fyn gemaakte piesangs (Dis omtrent 2 groot piesangs)
  • 1 k Appelkoos stroop
  • 1/4 tl. vanilla


Metode:

  1. Meng die bestanddele in die blender tot egalig en glad. Gewoontlik 30 sekondes.
  2. Bedien dadelik met ys blokkies.
  3. Die resep lewer 2 porsies


3.Piesang en Kaneel Smoothie

Piesang en Kaneel Smoothie image
Piesang en Kaneel Smoothie

Bestanddele:

  • 1/4 k Plein of vanilla jogurt
  • 1/4 k lae vet melk (non fat is beter)
  • 1/2 Piesang
  • ‘n Sprinkel vanilla
  • ‘n Sprinkel kaneel
  • 4 Ys blokkies

Metode:

  1. Blend to gepaste dikte of gladheid.
  2. Jy kan enige vrugte gebruik wat in seisoen is of jy kan tot ingelegte vrugte soos perskes gebruik.
  3. Die resep kan dubbel aangemaak word.

4.Piesang en Koffee Smoothie

Piesang en Koffee Smoothie image
Piesang en Koffee Smoothie

Bestanddele:

  • 2 Klein piesangs (geskil, opgesny en gevries)
  • 1 1/2 k Non fat melk
  • 1 Kg lae vet koffee jogurt
  • 1/4 tl. Kaneel
  • ‘n Sprinkel neutmuskaat

Metode:

  1. Meng al die bestanddele in die blender.
  2. Gooi in mooi glasse en garneer met vars piesang stukkies en ‘n mint blaartjie.

5.Piesang, Aarbei en Lemoen Skemer Kelkie

Piesang, Aarbei en Lemoen Skemer Kelkie image
Piesang, Aarbei en Lemoen Skemer Kelkie

Bestanddele:

  • 1 Piesang
  • ‘n Handvol aarbeie
  • 1 k Vannilla jogurt
  • 1/2 k Melk
  • 1/2 k Lemoensap
  • ‘n Handvol ys blokkies

Metode:

  1. Meng alles saam in die blender.
  2. Die resep lewer 3 porsies.

6.Ontbyt Drankie

Bestanddele:

  • 1/2 k Lemoensap
  • 1 Piesang
  • 6 – 7 Gevriesde Aarbeie

    Ontbyt Drankie image
    Ontbyt Drankie
  • 2 Gevriesde Perskes
  • 5 – 6 Blue berries
  • 6 – 7 Ys blokkies
  • Vars mint blaartjie (optioneel)
  • ‘n Titseltjie neutmuskaat (optioneel)
  • 1 tl. Heuning (optioneel)

Metode:

  1. Meng al die bestanddele behalwe die ys blokkies in die versapper.
  2. Puree tot glad. Gooi ys blokkies by en versap verder.
  3. Gooi in ‘n glas en sprinkel neutmuskaat bo oor.
  4. Garneer met ‘n mint blaartjie.

7. Waartlemoen Melk Skommel

Waartlemoen Melk Skommel image
Waartlemoen Melk Skommel

Bestanddele:

  • 3 k Gevriesde waatlemoenstukke (sny in blokkies en vries oornag)
  • 1 k Melk
  • 1/2 tl. Vanilje geursel
  • 2 eetl. Suiker
  • 1 Skep vanilla roomys

Metode:

  1. Meng tot glad en bedien dadelik.

8. Suurlemoen en Pynappel Drankie

Suurlemoen en Pynappel Drankie image
Suurlemoen en Pynappel Drankie

Bestanddele:

  • 7 suurlemoene se sap
  • 1 suurlemoen se skil
  • 1 grt blik pynappelstukkies (840 g)
  • 400 g wit suiker
  • 2 liter water

Metode:

  1. Meng alles saam en laat oornag in yskas.
  2. Dreineer en bottel.
  3. Hou in yskas.
  4. 2 Tots cane kan opsioneel bygevoeg word.
  5. Hierdie resep lewer 3,5 liter

9. Hawermout en Aarbei Ontbyt Skommel

Hawermout en Aarbei Ontbyt Skommel image
Hawermout en Aarbei Ontbyt Skommel

Bestanddele:

  • 1 k Soja Melk
  • 1/2 k Hawermout
  • 1 Piesang, gebreek in stukkies
  • 14 Gevriesde aarbeie
  • 1 1/2 tl. Wit suiker

Metode:

  1. In a versapper, meng die soja melk, hawermout, piesang en aarbeie goed saam.
  2. Gooi vanilla en suiker by (optioneel) versap verder.
  3. Gooi in glase en bedien dadelik!
  4. Die resep lewer 2 porsies.

10. Son Opkoms Kelkie

Son Opkoms Kelkie image
Son Opkoms Kelkie

Bestanddele:

  • 1 k Mango stukkies
  • 1/2 Piesang stukke
  • 1 tl. Vars suurlemoen sap
  • 1/4 tl. Fyn gekerfde gemmer
  • 1 Ysblokkie
  • 2 tl. Heuning
  • 2 k Waartlemoen stukke (ontpit)

Metode:

  1. Versap die mango, piesang, suurlemoen sap, gemmer, ysblokkie en heuning in jou versapper.
  2. Gooi in glase.
  3. Puree dan die waartlemoen stukke en gooi dan bo op die eerste mengsel.


Ek hoop dat julle hierdie smoothie resepte geniet het. Dit is almal baie gesonde opsies vir smoothies resepte en daarom hou ons van dit, want dit smaak so lekker en natuurlik!
Volgende Resep: Tropiese Papaja Kelkie

One thought on “Top 10 Smoothies Vir Somer Dae – Gratis Resepte In Afrikaans

  1. Ek soek graag die smoothie resepte vir my ma sy is 75 jr en het altzimers sy eet nie baie goed nie.
    Hoe moet ek maak om die resepte te kry.
    Dankie
    San-Marie du Preez

     

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *