Vrugtekoeke Featured

Maklike Vrugtekoek Resepte vir Kersfees

 

Heerlike 8 vrugtekoek resepte wat jy kan maak vir kersfees. Hierdie resepte is maklik en van hulle word sommer in die mikrogolf gemaak. Meeste van die vrugtekoek resepte bevat brandewyn.

Vrugtekoek Kolwyntjies + Versiering:

Kolwyntjie Bestanddele:

Genoeg vir 12

• 10 ml koeksoda
• 125 ml water

Vrugtekoek Kolwyntjies image
Vrugtekoek Kolwyntjies

• 480 g (750 ml) droëvrugte-koekmengsel
• 250 ml dadels, fyngesny
• 50 ml kersies, fyngesny
• 125 ml brandewyn
• 5 ml vanieljegeursel

• 250 g (270 ml) botter
• 200 g (250 ml) suiker
• 2 eiers
• 280 g (500 ml) koekmeel
• 10 ml bakpoeier
• knippie sout

Versiersel Bestanddele:

Genoeg vir 12
• 2 eierwitte
• 425 ml strooisuiker
• knippie sout
• knippie kremetart
• 50 ml water

Metode vir muffins:

  1. Verhit oond tot 180 °C.
  2. Meng koeksoda en water.
  3. Voeg droëvrugte-koekmengsel, dadels, kersies, brandewyn en vanielje by.
  4. Meng goed. Laat staan 30 minute.
  5. Room botter en suiker met elektriese klitser in middelslag-mengbak.
  6. Klits eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging.
  7. Voeg vrugtemengsel by en meng goed.
  8. Sif koekmeel, bakpoeier en sout oor vrugtemengsel en meng deur.
  9. Spuit 12 holtes van ’n standaard-muffinpan met kleefwerende kossproei.
  10. Skep holtes 2/3 vol beslag.
  11. Bak 12 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.
  12. Laat in pan afkoel en keer uit.
  13. Skep lepels vol sneeuversiersel (resep volg) op elke kolwyntjie.

Metode vir versiering:

  1. Klits al die bestanddele goed saam.
  2. Plaas die mengsel oor ’n pot met kookwateren klits 7 minute lank met handklitser of tot mengsel dik word en stywe punte vorm.
  3. Versier vrugtekolwyntjies (vorige resep) onmiddellik – die versiersel word gou hard en daar moet dus vinnig gewerk word.
  4. Bind ’n mooi lint om elke kolwyntjie sodra die versiersel gestol het. Sit voor.

Vinnige Vrugtekoek Broodjie

Vrugtekoek Broodjie image
Vrugtekoek Broodjie

Lewer 1 koekbrood
Bereidingstyd: 15 minute
Baktyd: 1 uur

Vrugtekoek Mengsel Bestanddele

  • 500 ml (2 k) koekmeel
  • 250 ml (1 k) suiker
  • 10 ml (2 t) bakpoeier
  • 7 ml (1½ t) fyn kaneel
  • 2 ml (½ t) fyn naeltjies
  • 2 ml (½ t) neutmuskaat
  • 5 ml (1 t) fyn gemmer
  • 5 ml (1 t) sout
  • 250 ml (1 k) vrugtekoekmengsel
  • 100 g rooi glanskersies, gehalveer

Vir Bak

  • 125 ml (½ k) melk
  • 80 ml (1/3 k) olie
  • 2 eiers

Metode:

  1. Vir die bakmengsel: Meng alles baie goed en bêre in ’n lugdigte houer in die koskas.
  2. Vir bak: Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n broodpan van 9 x 19 cm met bakpapier uit en spuit met kossproei.
  3. Skep die mengsel in ’n mengbak. Klits die melk, olie en eiers saam en voeg by die bakmengsel. meng goed en giet in die voorbereide broodpan.
  4. Bak sowat 1 uur of tot ’n toetspen skoon uit die brood kom. Laat effens afkoel in die pan en keer dan op ’n draadrak uit om heeltemal af te koel.

Maklike Vrugte koek vir Kersfees:

Kook die volgende saam:

Vrugte koek vir kersfees image
Vrugte koek vir kersfees

1 koppie bruin suiker
125g botter/margarien…
1 koppie koue water
500g keurgraad vrugtige koekmengsel (beskikbaar by die bloubakkie)
Laat behoorlik afkoel.
Voeg 2 goedgeklitste eiers by mengsel.

Sif saam:

2 koppies bruismeel,
1 opgehoopte teelepel koeksoda
1 teelepel gemengde speserye saam
Roer by mengsel in.

Voeg by:

125g gesnyde kersies en
‘n ½ koppie brandewyn (whiskey, port) by mengsel.

Metode:

  1. Voorverhit oond.
  2. Voer ‘n koekpan met tinvoelie uit, gooi mengsel in en bak 1¼ uur by 150°C.
  3. Versier met groenvye en glanskersies.

Tjoklit Vrugtekoek:

Bestanddele:

Tjoklit Vrugte Koek image
Tjoklit Vrugte Koek

125 g botter
150 g bruinsuiker
100 g gesmelte donkersjokolade
125 mℓ sterk koffie
70 mℓ Van der Hum-likeur
50 mℓ Cape Velvet-likeur
100 g gemengde neute
400 g vrugtekoekmengsel
100 g gekerfde groen vye, waatlemoenstukke, ingelegde nartjiestukke en kersies, gemeng
30 mℓ kakaopoeier
200 g koekmeel
50 mℓ bruismeel
5 mℓ gemengde speserye
2 eiers, liggies geklits

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 160°C.
  2. Gebruik ‘n diep koekpan en onthou om die bodem met gesmeerde bakpapier uit te voer.
  3. Klop die botter, suiker en kakao saam tot romerig.
  4. Smelt die sjokolade en meng dit met koffie, Van der Hum- en Cape Velvet-likeur.
  5. Gooi die koffiemengsel oor die vrugtekoekmengsel in ‘n groot mengbak.
  6. Roer die neute en ander vrugte by.
  7. Skep die bottermengsel by en meng deeglik.
  8. Sif die koekmeel, bruismeel en gemengde speserye by en meng goed.
  9. Voeg die liggies geklitste eiers laaste by en meng weer goed.
  10. Skep die mengsel in die voorafbereide pan.
  11. Bak vir ongeveer twee uur tot gaar.
  12. Druk ‘n mes in die middel; as die lem skoon uitkom is die koek gaar.
  13. Gooi nog Van der Hum-likeur oor sodra die koek uit die oond kom en laat dit in die pan afkoel.
  14. Draai die koek in aluminiumfoelie toe en bêre dit vir minstens ‘n maand om goed ryp te word.

Bron: Willie Strauss

Ryk en Maklike Vrugtekoek:

Bestanddele:

2 1/2 koppies vrugtekoekmengsel met neute
1/2 koppie versuikerde sitrusskil
1½ k water
1 koppie suiker
250 g botter
1 t koeksoda
knippie sout
1 koppie volkoringmeel
1 koppie koekmeel
1 t bakpoeier
1 eier, geklits

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Smeer ‘n middelslagkoekpan.
  3. Kook die vrugtekoekmengsel, water, suiker, botter, koeksoda en sout vir 20 min. saam.
  4. Laat afkoel, roer sitrusskil by.
  5. Roer die meel, bakpoeier en eier in die vrugtemengsel.
  6. Skep in die koekpan en bak vir 1 uur.

Mikrogolf Vrugtekoek Muffins:

Vrugte Koek muffins image
Vrugte Koek muffins

Lewer 24 kolwyntjies
Bereiding: 20-25 minute
Gaarmaaktyd: 4 minute per
6 op hoog

Sue Reader het al in 2005 vir ons dié trefferresep vir ’n mikrogolf-vrugtekoek gestuur.

Ons het dit in muffinpannetjies gebak – dan kos dit jou net 4 minute om ’n baksel van 6 te maak. Sue sê sy gebruik 2 bakke, elk 18 cm in deursnee en 6 cm diep. Sy voer elk met handdoekpapier uit en bak dit 18 minute op mediumhoog.

Onthou om dit op ’n omgekeerde bord in die oond te plaas.

Bestanddele:

500 g droëvrugtekoekmengsel
250 g dadels, fyn gekap
250 ml (1 k) sagte bruinsuiker
150 g botter, sag
250 ml (1 k) warm water
30 ml (2 e) kakao
10 ml (2 t) koeksoda
500 ml (2 k) bruismeel
5 ml (1 t) gemengde speserye
1 ml (¼ t) sout
3 ekstragroot eiers, geklits
150 ml brandewyn
250 ml (1 k) gemengde neute, grof gekap
100 g glanskersies, grof gekap
versiersuiker vir afronding

Metode:

  1. Plaas die vrugtekoekmengsel, dadels, suiker, botter, water en kakao in ’n mikrogolfoondbak en plaas dit 4 minute in die mikrogolfoond. Roer goed en mikrogolf nog 4 minute.
  2. Roer die koeksoda by en laat afkoel.
  3. Sif die meel, gemengde speserye en sout en vou by die mengsel. Roer die eiers, brandewyn, neute en kersies by en skep die holtes van gespuite silikon-muffinpannetjies driekwart vol.
  4. Bak 4 minute op ’n slag op hoog.
  5. Herhaal met die res van die beslag. Stuif die versiersuiker oor.

Bron: Huisgenoot

Mikrogolf Vrugtekoek met Brandewyn:

Bestanddele:

125 g botter
500 g vrugtekoekmengsel
250 ml (1k) sagte bruin suiker
375 ml (1& 1/2k) water
5 ml (1 t) koeksoda
500 ml (2 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
10 ml kitskoffiepoeier
5 ml gemengde speserye
5 ml fyn gemmer
knippie sout
100 g glanskersies, in kwarte gesny
100 g amandels, gekap.
2 eiers, geklits
15 ml brandewyn.

Metode:

  1. Spuit ‘n mikrogolf-ring-vorm van 2 liter met kleefwerende middel en voer uit met handdoek papier.
  2. Plaas die botter, vrugtekoekmengsel, bruinsuiker, water en koeksoda in ‘n glasbak en mikrogolf vir 10 minute teen 100% krag, moenie roer nie.
  3. Laat heeltemal afkoel (Baie belangrik anders bak die koek nie reg nie).
  4. Sif die droe bestanddele saam en meng met die afgekoelde mengsel.
  5. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed.
  6. Skep in die voorbereide ringvorm, plaas op ‘n omgekeerde piering of andersins ‘n eierdosie (in oond) en mikrogolf 20 minute lank teen 50% krag, daarna vir 7-10 minute lank teen 30% krag (ontdooi)
  7. As die koek wegtrek van die kante , is dit reg.
  8. Keer uit op ‘n draadrakkie en giet nog ‘n bietjie brandewyn oor wanneer
    afgekoel.
  9. Draai toe in tinfoelie en bere in ‘n lugdigte houer.
    Lewer ‘n groot koek.

Vrugtekoek en Versiering:

Bestanddele:

Vrugtekoeke image
Vrugtekoeke

500grm vrugtekoek mengsel.

250ml water,

200grm suiker,

125grm margarine,

5ml koeksoda,

1 eier geklits,

275grm koekmeel,

5ml bakpoeier.

Metode:

  1. Verhit koekmengsel, water suiker en botter tot kookpunt in kastrol. Kook vir 20min.
  2. Voeg koeksoda by en laat afkoel.
  3. Roer eier by die mengsel en voeg droe bestanddele by, roer goed.
  4. Skep in 20cm vooraf bereide pan wat met papier uitgevoer is.
  5. As jy kleiner panne wil gebruik word dit op dieselfde manier uitgevoer.
  6. Bak vir 90min of tot gaar. Sodra uit oond, gooi 25 ml brandewyn oor warm koek en laat koud word in pan.

Versiering:

  1. Smeer gesmelte appelkoos konfyt oor koek, rol marzipan uit en trek koek oor – los ‘n dag of twee.
  2. Smeer kookwater met kwassie aan op marzipan, trek oor met fondant en versier.
  3. NEUTE en KERSIES KAN GEBRUIK WORD. VERF MET GESMELTE APPELKOOS KONFYT WAT BIETJIE BRANDEWYN IN HET.

Bron en Foto: Alletta Strydom

6 thoughts on “Maklike Vrugtekoek Resepte vir Kersfees

  1. Dalk ‘n dom vraag maar op die Tjoklit Vrugtekoek resep sê dit 125ml sterk coffee. Is dit 125ml (g) coffee poeier of is dit coffee wat in water aan gemaak word?

     

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *