Piesangbrood Featured

Piesangbrood Resep – Maklike en Heerlike Piesangbrood

 

Hierdie piesangbrood resep is die beste resep wat ek baie graag gebruik as ek piesangbrood maak.300

Prep Tyd: 10 minutes

Kook Tyd: 1 hour

Totale Tyd: 1 hour, 10 minutes

Opdien Grootte: 1 Groot Piesang Brood of 2 kleintjies

Piesangbrood image
Heerlike Piesang Brood

Bestanddele:

125 ml Margarien
300 ml Suiker
2 Eiers
2 x 250 ml Koekmeel
10 ml Bakpoeier
2,5 ml Sout
5 Fyngedrukte piesangs
2,5 ml Vanilla

Piesangbrood Metode:

  1. Room die botter en suiker.
  2. Klits eiers een vir een by.
  3. Voeg die gesifte droë bestanddele by.
  4. Voeg nou die piesangs en vanilla by die mengsel.
  5. Bak +- 1 uur by 180 °C.

Notas:

Die resep is die lekkerste en defnitief die maklikste resep ooit! ‘n Bonus punt is hy is flop vry en ek beveel hierdie resep aan vir enige iemand.

Van bo baas kok tot ‘n beginner in kos maak. Absoluut ‘n wen resep en moet defnitief probeer word!

Volgende Resep: Rencia se Piesang Brood

79 thoughts on “Piesangbrood Resep – Maklike en Heerlike Piesangbrood

      1. Vrek lekker piesangbrood! Dankie vir ‘n resep wat actually bestandele het wat ek in die huis het en nie spesiaal winkel toe moet ry vir die helfde van die bestandele nie!
        Glad nie droog nie, en kom baie mooi uit.

         
          1. Hi daar,

            Laat weet ons hoe dit gegaan het. Of hy reg uit gekom het, en of hy so lekker soos die oorspronklike resep is.

             
      2. Lekkerte piesangbrood ooit. Dankie vir die resep. Uit die oond en klaar geëet. My familie kon nie genoeg kry nie. Bak alweer een môre. Geen flop en was perfek

         
          1. Hi daar,

            Baie beslis. EK het dit al in kolwyntjie pannetjies gemaak, so net wat jy byderhand het, sal werk. Lekker bak!

            Groete,
            Lizelle

             
      1. Hi, ek is amper seker jy kan, maak net seker dit is die ongesoute botter. Anders mag die broodjie dalk te souterig wees. Of jy kan selfs die sout uit los en dan gesoute botter gebruik. Laat weet asb hoe die resep vir jou werk met die botter. Lekker bak!

         
      2. Die eiers en piesangs is oorgenoeg vog. Dis ‘n héérlike klam piesangbrood…… Beslis die beste en maklikste resep ooit!!!! Hoe ryper die piesangs, hoe lekkerder is hierdie piesangbrood.

         
    1. Hello daar,
      Ek het gistraant die broodtjie gebak, ek het die mengsel so gekyk voor ek die piesangs ingegooi het en gesien dis so dik…. deur die hele resep drie keer gesoek waar kom die melk in, en gedink o hel dis dalk gemis, toe kom lees ek die reviews en sien daar is nie melk nie, maar op die einde van die dag kan ek waarborg die broodtjie is regtig baie lekker. Beter as wat ek al in ‘n winkel gekoop het en verbasend glad nie droog nie. Probeer dit gerus.

       
  1. Lekkerste Piesangbrood ooit!! Ek Bak myne in mini broodpannetjies. Kry 12 uit! My man is mal daaroor!!

     
      1. Baie dankie vir die heerlike resep my gesin geniet beslis die piesang brood meer wat ek nou self kan bak.

         
    1. Flippen lekker dankie. Heerlik. Dis nou my brootjies vir mòre by die werk.😁 twee pannetjies gemaak

      Groete
      Francois van Somerset Wes

       
  2. Baie dankie vir die resep. Dit is die lekkerste piesangbrood wat ons al in die huis gemaak het en kom elke keer perfek uit. Dit is ook baie maklik om te maak

     
    1. Hi daar. Baie dankie vir terugvoering. Dis altyd lekker om te hoor hoe julle die resepte ervaar. Ons is baie bly dat hierdie piesangbrood resep vir julle werk!

       
      1. Goeie middag, my piesangbrood het pragtig hoog gerys, na n uur getoets en uitgehaal, Maar toe val dit heeltemal plat. Asof die piesangs n kluitjie gevorm het. Steeds heerlik as n poeding met vla.

         
  3. My kombuis skaal werk net in gram en kilogram en al hierdie bestanddele is gemeet in ml. Hoeveel gram is ‘n milliliter?

     
  4. Flippen lekker dankie. Heerlik. Dis nou my brootjies vir mòre by die werk.😁 twee pannetjies gemaak

    Groete
    Francois van Somerset Wes

     
  5. Vanoggend is my ryp piesangs nie drom toe nie, maar in jou vinnige resep. Ek hou van vinnig ,en eenvoud, maar lekker. Ek het soos altyd die pad byster geraak, en so ietsie Koeksoda ingegooi, saam met bakpoeier. Ek het ook gewonder oor vloeistof. Die piesangs gee die nodige vog. Wel ek eet heerlik aan die muffins, I.p.v broodjie. Heerlik.

     
    1. Dit maak absoluut heerlike muffins. Ek het ook nou die dag en dis eintlik vir my beter, beter vir die kleintjies se kosblikke en so aan. En ja die beste piesangs is gewoontlik daai wat drom toe gaan, haha.

       
  6. Hi, het jy dalk die oond oop gemaak viir die helfde van die tyd om was, 30 min? Of dit kan ook dalk wees dat die bakpoeier oud was. Ek is jammer dat dit met jou gebeur het. Dis die eerste keer dat ek hoor dat die resep flop en plat val.

     
  7. Goeie dag
    ek het sopas die resep gedoen en glo my almal lek hul vingers af en soek nog dis die maklikste en lekerste resep baie dankie
    Lynn

     
  8. Hi – myne het mooi gerys, maar plat geval na ek 10 uit oond. Die meel meng jy dit in met ‘n houtlepel en kan ‘n mens met ‘n menger inmeng?

     
  9. Baie maklik en baie lekker.In 100 jaar+ oue groot broodpan gebak en maar 25/30mm hoog uitgekom.Nou in kleiner pan en 100%.Dankie.

     
  10. Broodmeel of koekmeel? Klink ek onnosel? Eerste keer in my lewe brood gebak so twee weke terug. Mal daaroor. Geen gekoopte brood is so heerlik nie. Eeste brood was ‘n flop omdat ek koekmeel in plaas van broodmeel gebruik het. Ek het nie geweet daar is ‘n verskil nie.
    So terloops – my naan is Fourie.
    Groute daar.

     
  11. Nog nie geproe ,maar dit lyk mooi uit die pannetjie!Ek is nie ‘n bakster nie,maar hierdie resep was lekker maklik – geen fieterjasies,baie dankie.

     
  12. Regtig maklik en heeeeeerik. Het 24 muffins gebak en een medium broodtjie. Ek het by die resep 5ml koeksoda en so +~20ml suurlemoen sap gegooi

     
  13. ag sies, my foon se skerm is nou pap nat gekwyl van al die vrae & idees lees…
    en ek bid net dat ek nie vanaand die hele ding alleen gaan opvreet nie!!
    Dankie Almal vir julle bydraes, ek voel hier word vanaand ñ meesterstuk gebak!! (Met die Beste dele uit elkeen se bydraes!!

     
    1. Baie dankie vir die lekkerste piesangbrood resep …almal wat Kan bak sal beslis saam my stem puik !!!

       
  14. Het dit vandag probeer baie lekker nie droog nie.
    Het nog nooit eers i koek gebak nie dit was baie maklik en gou baie dankie dit was smaakvol my vrou het dit geniet .

     
  15. Ek het gisteraand die resep gemaak en in my Airfryer gebak en dit het heerlik uitgekom. Die mengsel is in twee bakkies gedeel en dit wat uitgekom het lyk soos iets wat by ‘n tuisnywerheid verkoop word. Ek was so verbaas met hoe groot dit gebak het. Ek sal verseker die resep weer maak.

     
  16. voorheen probeer, toe rys hy nie mooi nie, vandag weer probeer, 1/2 koekmeel en 1/2 selfrysend. werk soos ‘n bom. 5ml kaneel bygevoeg vir smaak, dis ‘n sukses, Mooi gerys, perfek gebak, kleinkinders soek net oupa en ouma se broodjie.

     
  17. Dit was voorwaar die beste piesangbrood wat ek nog ooit gebak het. Was sommer lekker wintie en sommer 2 klein worteltjies ook by gerasper. Gaan verseker nie weer enige ander piesangbrood resep probeer nie. Dankie.

     
  18. Ek dink jou piesangbrood is bakgat. Eerste keer wat ek n piesangbrood bak wat so mooi lyk. Baie dankie van Ina.

     

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *