Varkboud Featured image

Gammon Resepte – 6 Heel Beste Varkboud Resepte

 

Hier is 6 van die heel beste varkboud en gammon resepte in Afrikaans. Die perfekte resepte vir ‘n lekker Kersfees varkboud!

1. Heel Varkboud met Lemoen:

Hierdie maak jy in ‘n koepelbraaier (Weber)

Genoeg vir: 4-6 mense
Bereiding:
15 min
staantyd:
1 uur
Gaarmaaktyd:
sowat 2 ure

Marinade Bestanddele:

250 ml (1 k) lemoensap
100 ml appelkooskonfyt
20 ml (4 t) brandewyn
20 ml (4 t) aangemaakte mosterd

Vleis Bestanddele:

1 klein varkboud, swoerd ingekeep
sout en peper

Metode:

  1. Marinade Meng al die bestanddele.
  2. Vleis Vryf die varkboud met die sout en peper in. Giet die marinade oor.
  3. Maak die vleis in ’n koepelbraaier gaar. Braai op matig warm kole tot bruingebraai buiteom. Skuif die kole na
  4. die kante, plaas die deksel op en bak tot gaar na smaak. Bereken sowat 20 minute per 500 g plus 20 minute ekstra
  5. (byna 2 uur). Bedruip van tyd tot tyd met die marinade. Sit voor met aartappels wat in tinfoelie gebak is.

Bron: Huisgenoot

Gammon Resepte / Varkboud Resepte
Lieflike Varkboud

2. Varkboud met Coke:

Bestanddele:

2 kg varkboud
½ bottel Mrs Balls Chutney
7 uie, in ringe gesny
1 liter vleisaftreksel
2 blikkies Coke

Metode:

  • Braai vleis tot bruin in ysterpot.
  • Pak uie bo-op.
  • Gooi aftreksel en Coke bo-oor en dan chutney.
  • Bak 3 ure teen 170ºC [of in ‘n platpot op die kole.]
  • Maak vleissous dik met bietjie meel of Maziena!!

Baie lekker

Bron: Helena Kruger

3. Pynappel Varkboud Resepte:

Bestanddele:

1blik fyngedrukte pynappel
2 fyngedrukte knoffelhuisies
2e worcestersous
2e Robertsons Ginger Paste
1,5kg varkboud
Robertsons whole cloves
Robertsons Atlantic Sea Salt en Black pepper
1k water

Metode:

  • Meng die fyngedrukte pynappel, fyngedrukte knoffel, worcestersous en gingerpaste in ‘n bak saam.
  • Sit boud in oondpan, druk whole cloves in die vleis in, gooi die sous oor en geur met sout en peper.
  • Gooi 1k water in die oondpan bedek met foelie en oondbraai in n verhitte oond teen 180°C vir
    omtrent 1 1/2.
  • Haal die foelie af en oondbraai vir nog 15min teen 200°C

Bron:Maryna Els Slabbert

4. Verglansde Gammon Resepte:

Bestanddele:

5-8 kg gammon
10 ml droë mosterd
2 lourierblare

Glansmengsel Bestanddele:

250 ml appelkooskonfyt
15 ml aangemaakte mosterd
30 ml wit druiwe-asyn
30 ml olie

Metode:

  • Voorverhit die oond tot 160°C.
  • Vryf die gammon in met die mosterd en sit op ‘n groot stuk foelie neer.
  • Sit die lourierblare bo-op die ham en vou die hele gammon met foelie toe.
  • Bak vir ongeveer 3 uur (rofweg 15-25 minute per 500 g vleis).
  • Laat effens afkoel en sny die swoerd af. Sny soveel van die vet af as wat jy verkies.
  • Meng die konfyt, mosterd, asyn en olie vir die glansmengsel en skep die helfte oor die gammon.
  • Bak vir 45 minute of tot goudbruin en gaar.
  • Bedruip gereeld met die glansmengsel.
  • Laat afkoel tot kamertemperatuur en verkoel.

5. Heuning Geroosterde Varkboud:

Bestanddele:

1.5kg varkboud

60ml rosyne

30ml roosmarynblare

vars gemaalde swartpeper na smaak

125ml heuning sout na smaak

410g(1 blik) heel tamaties

180ml appelwyn of ligte witwyn

Metode:

  • Verwyder die vel van die boud. Maak met ‘n mes diep kepies in die vetlagie tot in die vleis.
  • Druk ‘n paar rosyne en ‘n paar roosmarynblare in elke keep.
  • Geur vleis met peper en smeer heuning oor die vleis.
  • Maak boud toe in foelie en plaas op ‘n koel plek, maar nie in die yskas nie.
  • Laat staan ten minste vir 12 uur lank.
  • Voorverhit die oond tot 160°C.
  • Geur die varkboud met sout en bedruip weer met heuning.
  • Plaas boud in oondpan en bak oop vir 1½ uur.
  • Plaas tamaties in ‘n versapper, voeg wyn by en verpulp. Voeg tamatiemengsel by vleis.
  • Bak nog 30 minute lank.
  • Gooi tamatiesous deur sif, sny vleis en sit voor saam met die sous.

6. Gerookte Varkboud met Appelsider:

Bestanddele:

1x gerookte varkboud (1.5-2.5kg )
1x bottel appelsider (soos Hunter’s Gold, 750ml )
1 x gerasperde appel

Metode:

  • Plaas in oondpan, bedek met foelie en bak in oond by 180°.
  • Dit kan 30 min bak vir elke 500g, plus ‘n ekstra 30 min.
  • Om te versier, glasuur met appelkooskonfyt en rooster in oond tot goudbruin.

Hoop julle geniet hierdie varkoud en gammon resepte. Lekker eet!

Het julle enige spesiale varkboud resepte wat jul graag met die ander kokke wil deel??? Deel asb. jul resepte gammon resepte onder in die comments.

2 thoughts on “Gammon Resepte – 6 Heel Beste Varkboud Resepte

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *