Driehoek Worsie Happies

 

Hierdie driehoek worsie happies is heerlik vir platters. Of sommer net om lekker voor te berei vir snacks by ‘n braai.

Driehoek Worsie Happies image
Driehoek Worsie Happies

Lewer: 16 happies

Bestanddele:

bietjie olie…
1 ui, fyn gekap
2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
375 g (1 pakkie) plaasworsies
400 g (1 rol) skilferkorsdeeg
45 ml (3 e) soetrissiesous
bietjie melk vir bo-oor

Metode:

  • Stel oond op 220 °C.
  • Verhit olie en soteer ui en kruie tot sag. Hou eenkant.
  • Kook worsies in klein bietjie water tot gaar. Laat afkoel en sny in 6 cm-stukkies. Hou eenkant.
  • Rol deeg oop en effens platter.
  • Sny deeg in 6 cm x 6 cm-blokkies.
  • Smeer soetrissiesous skuins oor elke blokkie (van een hoek tot teenoorgestelde hoek). Skep uiemengsel bo-oor.
  • Plaas worsies skuins oor deegvierkant en vou punte oor mekaar. Maak punte met water nat sodat dit goed vassit.
  • Verf bietjie melk bo-oor  en bak.

One thought on “Driehoek Worsie Happies

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *