Sitrushoender featured

Sitrus Hoender

 

Hierdie Sitrus Hoender resep is nog ‘n resep wat jy kan bylas by jou hoender geregte. Dis baie maklik om te maak en ook baie lekker!

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 min
Gaarmaak: 1 uur

Bestanddele:

Sitrus Hoender image
Sitrus Hoender

4-6 hoenderporsies
sout en vars gemaalde peper
6 knoffelhuisies, gekneus
1 suurlemoen, in skyfies gesny
1 lemoen, in skyfies gesny
’n paar takkies vars tiemie
125 ml (½ k) hoenderaftreksel

Metode:

  • Voorverhit die oond tot 180 °C.
  • Geur die hoender met die sout en peper.
  • Pak die hoender, knoffel, suurlemoen en lemoenskyfies in ’n oondbak.
  • Druk die tiemie tussenin en giet die hoenderaftreksel oor.
  • Bedek met foelie en bak 30 min. in die oond.
  • Haal die foelie af, verhoog die temperatuur tot 200 °C en bak nog 30 min.

Sit voor saam met slaai of kapokaartappel.

Volgende Resep: Krispie Karamel Marsmellows

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *