3 Soort Plaatkoekies – Kies jou Gunsteling Variasie

 

Hierdie resep kan net so gebruik word of jy kan hierdie heerlike variasies uittoets met hierdie basiese plaatkoekie resep. PROBEER DIT GERUS!

Die resep lewer: 32 plaat koekies
Bereiding: 5 minute
Staantyd: 10 minute…
Gaarmaaktyd: 10 minute

Plaat Koekies image
Plaat Koekies

Basiese Resep Bestanddele:

500 ml (2 k) bruismeel
3 eiers, geklits
275 ml (1¼ k) karringmelk
sout en vars gemaalde peper
olie vir panbraai

VARIASIES:

Tuna en Pitmielies

1 blik (170 g) tuna, gedreineer
1 blik (410 g) pitmielies, gedreineer
2 stingeluie, fyn gekap

Spinasie en Spek

500 ml (2 k) fyn gekapte spinasie
125 g spek, gebraai en fyn gekap

Botterskorsie en Feta

500 ml (2 k) gerasperde botterskorsie
2 wiele (200 g) fetakaas, gekrummel
’n knippie komyn

Basiese Resep Metode:

1. Meng die basiese bestanddele vir die plaatkoekies goed.
2. Variasies: Besluit op ’n variasie.
3. Roer die variasiebestanddele deur die beslag en geur met die sout en peper.
4. Laat staan sowat 10 minute.
5. Verhit ’n bietjie olie en braai lepels vol van die mengsel oor matige hitte tot gaar en goudbruin aan albei kante

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *