Wortel Muffins – GESONDER WEERGAWE van ‘n Wortelkoek

 

Hierdie resep is baie soos ‘n wortel koek maar nou net in ‘n muffin vorm. Hierdie resep is net vir die muffins en nie vir die icing wat bo-op kom nie. Meskien ‘n gesonder weergawe.

Bestanddele:

Wortel Muffins image
Wortel Muffins

250 ml (150 g) volkoringmeel
5 ml bakpoeier
3 ml fyn kaneel
250 ml (80 g) koringkiem
1 eier
80 ml sonneblomolie
125 ml (100 g) bruinsuiker
5 ml koeksoda
50 ml vetvrye melk
250 ml wortels, fyngerasper
60 g pekan- of okkerneute, gekap

Metode:

  • Sif die meel, bakpoeier en kaneel. Voeg die koringkiem en die doppies wat in die sif agterbly by.
  • Klop die eier, sonneblomolie en bruinsuiker, en meng dit dan by die droe bestanddele in.
  • Los die koeksoda op in die vetvrye melk. Voeg die melkmengsel, wortels en neute by die meel.
  • Roer goed en skep dan die mengsel in gesmeerde muffinpanne. Maak die panne driekwart vol.
  • Bak vir 15 tot 20 minute of tot goudbruin en deurgaar.

Volgende Resep: Groot Maat Kerrie en Rys

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *