Sout tert voor gebak featured

Vinnige Sout Tert Met ‘n Lekker Witsousie Daarby

 

Hierdie vinnige sout tert resep is baie vinnig en maklik om te maak. Jy gooi al die bestanddele saam en bak. Voila! En dan is jou een bak aangereg reg om bedien te word. En wat hom lekker maak is die witsous wat saam gebak word.

Bestanddele:

Vinnige Sout Tert Bestanddele Bymekaar image
Vinnige Sout Tert Bestanddele Bymekaar

500 ml Witsous (Sien onder vir resep)

1 Blik Worsies, in skyfies gesny

250 g Spek, gesnipper

250 ml Gerasperde cheddarkaas

1 blik (300g) Soutbeesvleis, gesnipper

4 Eiers, geklits

10 ml Droë pietersielie

1 Ui Gerasper

Vinnige Sout Tert Bestanddele Voor Gebak image
Vinnige Sout Tert Bestanddele Voor Gebak

Metode:

  • Voorverhit die oond tot 180 °C.
  • Meng al die bestanddele behalwe die pietersielie en skep dit in ‘n 25 by 25 cm, gesmeerde tertbak.
  • Strooi die pietersielie oor en bak 40 minute.

Bron: Andorize van der Merwe

Witsous Bestanddele:

1 1/2 k Melk

3 eetl. Koekmeel

4 eetl. Botter

5 – 10 ml Peper

Metode vir sous:

  • Kook melk, gooi botter in. Kook vir verdere 2 minute.
  • Gooi meel en peper in en roer deeglik, sodat daar nie klonte vorm nie. Kook tot medium styf.

    Vinnige sout tert eind resultaat image
    Vinnige sout tert eind resultaat

Volgende Resep: Een Bak Aand Gereg

One thought on “Vinnige Sout Tert Met ‘n Lekker Witsousie Daarby

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *