Vinnige Maklike Wrap image

Vinnige Maklike Wrap – Maak Jou Eie Wraps Met Die Resep

 

Wraps is die perfekte dis vir ‘n aand as dit baie warm is en jy net iets vinnig wil voorberei, dit kan ook baie lekker wees vir middag ete.

Vinnige Maklike Wrap
Vinnige Maklike Wrap met vulsel

Bestanddele:

3k Meel
1 eetl. Olie
1t Sout
1½ k Kookwater

Metode:

  1.     Jy voeg alles bymekaar (versigtig is bietjie warm)
  2.     Bewerk en knie tot lekker stywe, uitrol bare deeg.
  3.     Rol gholfbal grote balle, poeier met meel en rol elkeen so 1 tot 2 mm dik uit.
  4.     Bak dit in ‘n warm (nie rooiwarm), vetvrye pan net tot dit begin blase maak.
  5.     Kyk dat dit nie brand nie.
  6.     Draai om en bak ander kant.

Wenk:

Gooi genoeg meel op die toonbank. Dan meel op die deeg. Rol so bietjie, draai 90 grade. Rol bietjie, draai 90 grade. Tot dit mooi rond en dun is.

Dan in ‘n warm warm pan. Laat die pan eers op die plaat staan en warm raak vir ‘n ruk.

Volgende Resep: Romerige Vis en Aartappel Gebak

2 thoughts on “Vinnige Maklike Wrap – Maak Jou Eie Wraps Met Die Resep

    1. Hi. Ek ook. Ons koop nie tortillas of wraps nie en spaar ook só geld. Ek maak sommer lekker pizzas van tortilla deeg. Gaan nou juis dié Resep gebruik om pizza’s te maak. Glo dit gaan ook lekker wees. Lyk soos ‘n tortilla resep… So, dit behoort ook goed te werk. Mooi bly 🙂🌹😋

       

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *