Gevulde Ontbytbrood – Heerlike Ontbyt in ‘n Broodjie

Bestanddele vir die deeg:

500 g Koekmeelblom
10 ml Sout
5 ml Suiker
45 g Botter
10 g Droë gis
300 ml Louwarm water

Of as jy nie die deeg self wil maak nie koop dan sommer by Spar, Pick ‘n Pay.

Bestanddele vir die vulsel:

1 Beesworsie, gaargemaak
3 Repies spek, gebraai
1 Sampioen, in repies gesny en gebraai
’n Halwe ui, in skywe gesny en gebraai
2 Hardgekookte eiers
’n Hand vol gerasperde kaas

Metode vir brood:

  • Pasop vir mis gis. Vryf die botter deeglik by die droë bestanddele en voeg die gis by.
  • Gooi genoeg water by om ’n deeg te vorm en knie dit vir vyf minute.
  • Laat rus die deeg vir sowat vyf minute.

Metode vir vulsel:

  • Voorverhit die oond tot 180° C.
  • Verdeel die deeg in twee en rol elkeen met jou hande in ’n silindervorm.
  • Druk dan die rolle deeg met jou hande platter totdat jy twee dik, reghoekige stukke die grootte van ’n vatlappie het.
  • Verdeel die vulsel in twee en pak alles behalwe die kaas bo-op die twee stukke deeg.
  • Vou dit toe en strooi die kaas bo-oor.
  • Laat die twee broodjies uitrys en bak hulle dan tot ligbruin.

Volgende Resep: Naan Brood