Bruin Poeding Resepte – Bruin Poeding op die Stoof en Oond!

Bestanddele:Bruin Poeding image

1 Eier
125ml Suiker
250ml Meel
5ml Bakpoeier
5ml Koeksoda
30ml Asyn
2 eetl. Appelkooskonfyt
1 k Melk
Sout

Sous Bestanddele:

1 k Melk
125ml Suiker
1 k Water
2 eetl Botter
5ml Vanielje

Metode:

  • Klits eiers en suiker saam.
  • Maak koeksoda aan met bietjie melk.
  • Meng meel, bakpoeier, asyn, appelkooskonfyt en sout bymekaar.
  • Gooi in bakpan en bak by 180°C vir 45 minute.

Sous Metode:

  • Bring alles tot kookpunt en gooi kokende stroop oor die warm poeding wat direk uit die oond uit kom.
  • Prik ‘n paar gaatjies met vurk in die koek voor jy die stroop oorgooi.

Wenk:

  • Vervang die appelkooskonfyt by die beslag met 2 eetl. kakao en voeg 2 eetl. kakao by sous vir sjokolade poeding.
  • Gebruik bak ongeveer 15cm tot 20cm.

Bruin poeding op die stoof is ideaal vir mense wat nie ‘n oond het nie. Ongelukkig het een van hierdie bruinpoeding resepte ‘n oond nodig. Sorry mensies! Hierdie gebakte poeding is die perfekte nagereg vir ‘n Sondag middag!

Volgende Resep: Vinnige Vanilla Poeding