As jy opsoek is na ‘n heerlike nagereg of sommer net peuselhappies by ‘n partytjie, probeer gerus hierdie Krispie Karamel Marsmellows. Jou Gaste sal hul vingers afeet!
Bestandele:
1 pak Rice Krispie Graan
1 blikkie kondensmelk
1/2 koppie botter, in blokkies gesny
1 pakkie karamels (bv creme caramels)
1 pak groot malvalekkers
Metode:
- Plaas graan in ‘n groot bak. Sit eenkant neer . In ‘n dubbelkoker of metaal bak oor kokende water, meng die melk, botter en karamels, roer tot glad.
- Verwyder van die hitte.
- Met ‘n vurk, steek vinnig malvalekkers in warm mengsel; laat oortollige af drup.
- Rol in die graan. Plaas op ‘n foelie-gevoerde pan.
- Verkoel vir 30 minute in yskas. . Haal uit die pan en plaas in die yskas in ‘n lugdigte houer. Lewer: 5-6 dosyn.
2de Opsie:
- Druk sosatiestokkie in malvalekker en volg stappe soos bo.
- Ek het die resep so gekyk en ek dink mens kan lekker kreatief wees met dit waarin jy die malvalekkers rol. Probeer klapper!
Volgende Resep: Wortel Muffins