Sweetcorn Plaatkoekies Featured image

Sweetcorn Plaatkoekies – Bedien Heerlike Plaatkoekies op ‘n ander Manier

 

‘n Lekker resep om te probeer vir ‘n heerlike vinnige en vullende ontbyt saam die familie. Hierdie gereg is ook perfek vir ‘n vinnige “snack” of vroeg middag middag ete.

Probeer gerus hierdie sweetcorn plaat koekie resep om ‘n heeltemal anders plaat koekie aan jou gesin voor te sit.

Sweetcorn Plaatkoekies met Lekker Bros Spek Daarby image
Sweetcorn Plaatkoekies met Lekker Bros Spek Daarby

Sweetcorn Plaatkoekies Bestanddele:

  • 1 blikkie geroomde sweetcorn (suikermielies)
  • 1 eier
  • 1 koppie koekmeel
  • Sout en peper
  • olie vir braai
  • sweet chilli sous vir bediening

Metode:

  1. Voeg ’n knippie sout en peper by die meel.
  2. Klits die eier in ’n aparte bak en roer dan die sweetcorn by.
  3. Voeg die sweetcorn mengsel by die meel en meng totdat daar niks klonte is nie.
  4. Verhit olie in ’n swaarboompan.
  5. Braai eetlepelsvol van die mengsel in die olie totdat daar bo borrels begin vorm.
  6. Draai dan die plaatkoekies om en braai tot goudbruin.

Wenk:

  • Versier met bros spek en papaja.

Heerlike Volgende Resep: Sitrus Hoender

Save

Save

Save

Save

Save

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *